Central SA
Jong kunstenaars kan vakansie geniet by Oliewenhuis─── HEIDRÈ MALGAS 14:57 Mon, 19 Jun 2023
Dit is wintervakansie en Oliewenhuis nooi al die talentvolle jong kunstenaars om deel te neem aan hul opwindende werksessies.
Die kurator van Oliewenhuis, Ester Le Roux, sê die doel van die werksessies is om pret te hê, kuns- en handvaardigheid aan te leer en te eksperimenteer met ’n verskeidenheid materiale.
Vir vyf dae sal daar prettige werksessies vir die jeug wees.
“Elke werksessie sal twee praktiese kunsaktiwiteite en buitespeletjies insluit. “
Trek warm en ou klere aan en moenie jou kosblik vergeet nie.
Op 28, 29 en 30 Junie 2023 sal daar ’n prettige werksessie wees wat jou sal leer om jou interpretasie van familie en vriende te skep en te versier.
Op 27 en 29 Junie 2023 sal die jeug leer hoe om ’n waaier te maak wat geïnspireer is deur die pragtige kleure en vorme van ’n waatlemoen.
Bespreek by olwh@nasmus.co.za. Geen telefoniese besprekings sal aanvaar word nie.
Ons het slegs beperkte spasie, so bespreek jou plek so gou as moontlik!
Daar is veilige parkering voor die Museum beskikbaar. Parkering: R10 per voertuig. Slegs kontant.