On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

New Beginnings benodig hulp om diere te kan versorg

───   HEIDRÈ MALGAS 14:10 Thu, 25 May 2023

New Beginnings benodig hulp om diere te kan versorg | News Article

Die New Beginnings Rescue Centre in Bloemfontein sal moontlik sy deure moet sluit weens finansiële probleme. Dit sal daartoe lei dat hy nie nuwe diere kan inneem of versorg nie.

Die president van New Beginnings, Emain Fourie, sê skenkings en befondsing het sedert November 2022 begin afneem. Dit is gewoonlik die tyd wanneer skenkings minder word, omdat almal gereed maak vir vakansie en geskenke. Die situasie het nog nie verbeter nie en ons uitgawes is baie hoog.

“Alles se koste het ook opgegaan – diesel, elektrisiteit, pryse in winkels – wat ook maar ’n rol by elke organisasie en besigheid speel. Ons het maandeliks agter begin raak, en het harder begin werk om befondsing te kry, maar dit het net nie gewerk soos in die verlede nie.” 

Dit kos New Beginnings sowat R200 000 per maand om die diere by die Rescue Centre te onderhou en van hul rekeninge is nou agterstallig.  

“Daar is so baie maniere hoe die publiek kan bydra, saam staan en help! Ons het byvoobeeld ’n  span wat vir  ons mussies brei vir van ons uitreike. Ons benodig skenkings soos ou klere, speelgoed, boeke, Bybels en kos om ons te help met ons projekte. Mense kan ook hondekos, katkos en ander items skenk aan ons diereskuiling.”

Honde en katte kan aangeneem word sodat daar plek vir nuwe diere is. Mense kan deel word van die amptelike vrywilligerspan om vir ‘n jaar uit te help in verskillende afdelings.

Van New Beginnings se uitgawes is die veeartsrekeninge (tot R30 000 per maand), diesel vir voertuie om weekliks veldwerk te kan doen en diere te red, hokke wat hulle uitdeel in die gebiede waar ons werk waar honderde diere verkluim en baie swaar kry, en salarisse.

“Ons het genoeg kos in ons stoorkamers vir ons diere vir 'n maand. Ek voel as ons nie binnekort befondsing kry om ons uitgawes te dek nie sal dit moeilik wees om ons deure oop te hou,” sê Fourie.

"Ons glo die publiek gaan ons nuwe planne ondersteun! Ons is ook altyd oop vir voorstelle en is altyd bereid om te luister en om nuwe dinge te probeer.”

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.