On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Mediclinic Bloemfontein spog met moderne, opgegradeerde geriewe

───   HEIDRÈ MALGAS 14:42 Mon, 08 May 2023

Mediclinic Bloemfontein spog met moderne, opgegradeerde geriewe | News Article
Mediclinic Bloemfontein se nuwe, moderne openbare kleedkamers. FOTO: Heidrè Malgas

MediClinic Bloemfontein het Maandag sy nuwe opgegradeerde geriewe geopen.

Dit sluit in moderne openbare kleedkamers en ’n gesinsvriendelike restaurant, Vivé Café.

Die bestuurder vir pasiëntervaring, Barbara Steenkamp, sê die openbare kleedkamers op die grondvloer is opgeknap en opgegradeer om die hoeveelheid daaglikse besoekers en pasiënte te akkommodeer.

Daar is ook ’n gesinskleedkamer wat vir die hele gesin voorsiening maak, asook een vir babas met 'n gemaklike stoel en ruim omgewing vir ouers om na hul babas en kinders om te sien.

Mediclinic se nuwe gesinskleedkamer. FOTO: Heidrè Malgas

Die nuwe restaurant is 'n gesamentlike onderneming tussen Mediclinic Bloemfontein en Vivé Café Restaurant, wat 'n splinternuwe ontwerp, voorkoms en moderne gevoel het.

"Die oorspronklike twee koffiewinkels sal nou in een groot restaurant omskep word. Daar sal 100 sitplekke binne en buite beskikbaar wees vir aansit-etes. Weens gesondheidsregulasies sal daar nie 'n rookarea wees nie," sê Steenkamp.

’n Gesinsvriendelike restaurant, Vivé Café. FOTO: Heidrè Malgas

Pasiënte sal tydens sake-ure vanuit hul hospitaalbeddens ook kos, koerante en koffie kan bestel danksy ’n afleweringsdiens.

OFM Nuus/Heidre Malgas

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.