On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Hartseer storie eindig op ’n goeie noot

───   11:44 Thu, 04 May 2023

Hartseer storie eindig op ’n goeie noot | News Article
Magda van Tonder sê hulle het nou ’n ‘nuwe normaal’ in hul huishouding. FOTO: Verskaf

Die ma van ’n dogtertjie wat wonderbaarlik oorleef het nadat sy meters ver op haar kop geval het, wil haar musiekloopbaan vlerke gee deur te kwalifiseer vir die derde seisoen van die TV-program Die Kontrak.

Bloemfonteiners se harte het twee maande gelede uitgegaan na Magda van Tonder (31) en haar gesin toe hul dogter, Leah (2), by ’n venster op die eerste verdieping van hul meenthuis uitgeval het.

Magda, voorheen van Bloemfontein, vertel dankbaar Leah het volkome ná die ongeluk op 13 Maart herstel. Sy sê hulle het nou ’n “nuwe normaal” in hul huishouding.

Die Van Tonders is opnuut dankbaar vir hul gesin se welstand. FOTO: Verskaf

As ouers is hulle nou meer as ooit ingestel op veiligheidsmaatreëls. Hulle moes egter ook besef dat vrees nie hul lewe kan oorheers nie. Nuwe dankbaarheid vir die saamwees en welstand van hul gesin, asook die omgee van bekendes en vreemdes in hierdie tyd, word daagliks ervaar.

Sewe weke ná die ongeluk klink ’n nuwe, vrolike noot op uit hul meenthuis in Randburg, Johannesburg. Magda, voorheen van Bloemfontein, was nog altyd tuis in die musiek- en kunswêreld. Sy wil nou met haar sangtalent woeker en het onlangs ingeskryf vir die gewilde sangkompetisie.


Magda van Tonder is ook bekend as die Nagtegaal. FOTO: Verskaf

Die Kontrak het kunstenaars soos Demi Lee Moore en Ivan Roux se loopbaan ’n hupstoot gegee. Vir vanjaar se wenner is daar ’n platekontrak van R1 miljoen en die mentors is Demi Lee Moore, Tarryn Lamb, Refentse en Monique Steyn.

Magda, ook bekend as die Nagtegaal, sê sy wil haar loopbaan tot nuwe hoogtes voer. Sy is voltyds besig met onderrig in rolspel en rolprentwese. Sy is ook betrokke by leerplanontwikkeling vir tersiêre instellings in hierdie veld, en wil ook haar meestersgraad doen.

Bloemfontein staan bankvas agter hierdie jong vrou, wat glo alle draaie wat jou lewensreis neem, sal uiteindelik na die regte pad lei. Die mooi woorde van die lied “Pointless”, haar inskrywing vir Die Kontrak, is vir haar, maar ook vir elkeen aan wie sy dit opdra, ’n bevestiging van die liefde.

OFM Nuus/Elsabe de Jager

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.