On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Herdenking van die Vrede van Vereeniging

───   08:00 Wed, 31 May 2023

Herdenking van die Vrede van Vereeniging | News Article

31 Mei dui die jaarlikse herdenking van die Vrede van Vereeniging op Suid-Afrika se kalender aan.

Soos alreeds die afgelope paar jaar, rig die FAK-Vaal-Kultuurnetwerk weer vanjaar ‘n uitnodiging aan oud en jonk om ‘n dag van samesyn en verering by te woon.

Vanjaar se herdenkingsgeleentheid neem die vorm van ‘n toer aan, wat sal aandoen by verskeie plekke van belang deur die hele onderhandelingstryd vir vrede, wat in 1902 plaasgevind het. Die toer neem om 08:00 ‘n aanvang by die Onderhandelingsterrein in Vereeniging, en sluit laatmiddag af in die FAK-Liedjiestuin by die Voortrekkermonument in Pretoria.

Die Vrede van Vereeniging is die vredesverdrag wat op 31 Mei 1902 geteken is tussen verteenwoordigers van die Boere en die Britte. Hierdie verdrag het die einde van die bloedigste oorlog ooit op Suid-Afrikaanse bodem, die Anglo Boereoorlog, aangedui. Alhoewel die verdrag die naam van Vereeniging dra, is die dokumente in die Melrose Huis in Pretoria geteken. Tydens die beplande toer, sal die Melrose huis vroegmiddag besoek word.

‘n Ander interessante besoekpunt op 31 Mei is die Russiese Kerk Gedenkkapel in Midrand. Daar word die Russiese burgers wat saam met die Boere geveg het, ook gedenk.

Op ‘n vraag oor die ware betekenis van kransleggings wat by elke besoekpunt sal plaasvind, antwoord Kallie Kriel van Afriforum: “Op hierdie wyse word nie net eer betoon aan mense uit ons verlede vir hulle opofferings nie, maar word daar ook inspirasie gebore, om weer op te staan na enige nederlaag.”

Freddie Peters, speaker van die Midvaal Munisipaliteit, merk ook op dat die goeie opkoms van jongmense jaarliks by die herdenking verblydend is, en hoop skep vir die toekoms.

Navrae oor die geleentheid kan gerig word aan Freddie Peters (083-521-3990) of Barry Müller (072-849-8573).

OFM-nuus/Elsabe de Jager

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.