On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Central SA

Werkersdag-herdenking word in Vrystaat gehou

───   07:46 Mon, 01 May 2023

Werkersdag-herdenking word in Vrystaat gehou | News Article

Werkers is deur Cosatu aangemoedig om vandag deel te neem aan Werkersdag-optogte.

Die nasionale Werkersdag-viering word by die Bethlehem-skougronde in die Vrystaat gehou.

Optogte word in agt provinsies beplan.

Benewens die viering, sal Cosatu ook die 20ste herdenking van die heengaan van 51 munisipale werknemers op hierdie dag in 2003 waarneem.

Werknemers van die Noord-Kaap was onderweg na ‘n Werkersdag-herdenking in Qwaqwa, in die Vrystaat, toe hul bus in die Qwaqwa-dam beland het.

Intussen sê Cosatu hoofsekretaris, Solly Phetoe, ondanks vooruitgang in die stryd om werkersregte, is daar werkers wat steeds deur werkgewers uitgebuit word.

President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vandag 'n boodskap van ondersteuning in Bethlehem lewer.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.