On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Kommer heers oor diere weens oorstromings in Vaaldriehoek, Parys

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:53 Tue, 08 Apr 2025

Kommer heers oor diere weens oorstromings in Vaaldriehoek, Parys | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

Kommer heers oor die veiligheid van diere weens oorstromings ná swaar neerslae oor die Vaalrivierstelsel.

Van die diere kan agtergelaat word terwyl inwoners hul eiendom ontruim. Terwyl watervlakke vinnig styg, het baie mense wat in laagliggende dele stroomaf van die Vaaldam woon, reeds na veiliger gebiede geskuif, maar nie alle diere kan die gevaar vermy nie.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) vra troeteldiereienaars en boere moet flink optree om die veiligheid van hul diere te verseker.

“Ons is veral bekommerd oor diere wat dalk agtergelaat is, vasgeketting word of nie uit die stygende water kan ontsnap nie,” sê Jacques Peacock, NDBV-woordvoerder. “Ons doen ’n beroep op alle troeteldiereienaars en boere om diere na hoërliggende dele te skuif.”

Urgent evacuation orders as Vaal Dam Water levels surge | News Article

Die Vaaldam. Foto: OFM

Die departement van water en sanitasie het bevestig dat voortgesette swaar reënval in die Vaalrivieropvangsgebied hom genoop het om nog sluise van die Vaaldam oop te maak.

’n Vyfde sluis is Sondag (6/4) om 10:00 oopgemaak om die vinnig stygende watervlakke te bestuur, net 24 uur nadat die vierde hek oopgemaak is, sê Wisane Mavasa, departementele woordvoerder. “Die invloei na die Vaaldam het Maandag (7/4) op 1 002 m³/sek. gestaan, terwyl die uitvloei 760 m³/sek. was.”

Die departement het weer inwoners wat onder die vloedlyn stroomaf van die Vaaldam en die Bloemhofdam woon, in ’n verklaring gewaarsku om na ’n veilige gebied te beweeg.

Foto ter illustrasie: iStock

Sy waarsku voorts dis moontlik dat nog sluise van die Vaaldam noodgedwonge oopgemaak kan word om die damwal te beskerm.

Intussen herinner die NDBV inwoners daaraan as hulle enige diere in nood sien, moet hulle hul plaaslike DBV nader of die NDBV direk by 011 907 3590 bel.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.