On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Steenkamp van Boer Soek ’n Vrou-faam weer in hof

───   11:05 Tue, 25 Apr 2023

Steenkamp van Boer Soek ’n Vrou-faam weer in hof | News Article

’n Boer van Perdekloofplaas in die Noord-Kaap, Albertus Steenkamp (40), sal na verwagting weer vandag in Calvinia in die hof verskyn.

Hy word van poging tot moord aangekla nadat hy op 25 Maart na bewering vir Goodson Mayenda (22), ’n plaaswerker van Malawi, probeer omry het.

Hulle het in ’n hewige woordewisseling betrokke geraak oor Mayenda se geld wat glo nie betaal is nie.

Mayenda het ’n saak by die polisie aanhangig gemaak, en Steenkamp was vir ’n paar dae in die polisieselle in Calvinia aangehou.

Die polisiewoordvoerder Timothy Sam sê hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Daar sal vandag besluit word of die saak na die streekshof oorgeplaas moet word.

Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mojalefa Senokoatsane, het aan OFM-nuus gesê dat hy eers ná vandag se hofverrigtinge kommentaar sal lewer.

Mayenda se vriendin, Salome Titus, sê hulle is gereed om die hofsaak by te woon. Sy sê daar is genoeg getuies wat in Maart gesien het hoe Steenkamp probeer het om haar kêrel om te ry.

Die getuies is egter nie meer in Calvinia nie, en sy weet nie wat om nou te doen nie .

OPVOLG: Albertus Steenkamp se saak is tot 19 Junie uitgestel.

OFM-nuus/Isaac Cloete


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.