On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Man 15 jaar tronk toe vir moord oor R10

───   17:32 Tue, 28 Mar 2023

Man 15 jaar tronk toe vir moord oor R10 | News Article

‘n Man wat in 2022 ‘n vriend vermoor het omdat hy hom glo R10 geskuld het, is Maandag in Bloemfontein se landdroshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Thabo Tomoyane (24)het op Woensdagaand 28 September 2022 by ‘n huis in Kgotsong, Bothaville, opgedaag waar ‘n groep vriende gekuier het.

Volgens polisiewoordvoerder, sers. Mahlomola Kareli, het Tomanyane 'n 30-jarige man uitgesonder en hom na buite gedwing, waar ‘n konfrontasie ontstaan het.

Die hof sou later verneem dat die konfrontasie gespruit het oor 'n R10 wat die slagoffer aan die beskuldigde verskuldig was, maar nie gehad het nie.

Tomanyane het tydens die stryery 'n mes uitgepluk en die slagoffer ses keer gesteek terwyl die groep vriende hulpeloos toegekyk het.

Hy is ure later deur die polisie by sy ouerhuis opgespoor waar beslag gelê is op sy bloedbevlekte klere en die moordwapen.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.