Central SA
Polisie lê beslag op onwettige sigarette ter waarde van R1,6 miljoen─── 09:10 Sat, 11 Mar 2023
![Polisie lê beslag op onwettige sigarette ter waarde van R1,6 miljoen Polisie lê beslag op onwettige sigarette ter waarde van R1,6 miljoen | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/fbcf71fc-3116-4601-a8d5-641a0e893421.jpg?crop=0,150,800,600)
’n Man (44) is met ’n voldoeningskennisgewing bedien vir die handel in onwettige sigarette ter waarde van R1,6 miljoen.
Die man is in hegtenis geneem nadat die Noord-Kaapse grenspolisie, bygestaan deur die eenheid vir openbare orde van Springbok asook die honde-eenheid en lede van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, inligting opgevolg het.
Die sigarette is tussen Upington en Springbok onderskep.
Brig. Schalk Andrews van die Namakwa-streek het die gesamentlike operasionele optrede geloof en die lede bedank vir die opvolg van die inligting wat tot die beslaglegging gelei het.