On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Bloemskou vier 140 jaar in skoubedryf

───   05:58 Tue, 28 Feb 2023

Bloemskou vier 140 jaar in skoubedryf | News Article
Die saalperdskou is een van die talle redes waarom skougangers na die Bloemskou stroom. FOTO: Twitter/@Flip_Moolman

Die Bloemskou vier vanjaar sy 140ste bestaansjaar. Dit het aanvanklik bekend gestaan as die Oranje-Vrystaat Landbougenootskap en is op 25 Mei 1883 met F.W. Reitz as die president gestig.

Die skou was aanvanklik ’n tentoonstelling vir boere en het ’n jaarlikse instelling geword, eers op Markplein (huidige Hoffmanplein) en later by die skouterrein waar dit steeds aangebied word.

Die enigste jare wat die skou nie plaasgevind het nie, was tussen 1900 en 1905 tydens die Anglo Boereoorlog, van 1943 tot 1946 gedurende die Tweede Wêreldoorlog en tussen 2020 en 2021 met die uitbreek van die Covid-19 pandemie.

Ovaalbaanwedrenne is reeds vanaf die 1950’s aangebied en die eerste saalperdkampioenskap het in 1965 begin. In 1975 was daar 4000 inskrywings vir die tuisnywerheidafdeling. 

Vanjaar spog die Bloemskou met die grootste opelug-saalperdskou ter wêreld, die grootste bokskou in Afrika en die grootste kreatiewe handwerkskou in Suid-Afrika. 

Altesame 20 stoetvee-kampioenskappe vind plaas, waarvan nege nasionale kampioenskappe is. 

Die skou het vanjaar talle nuwe toevoegings tot die program en ‘n nuwe uitleg van die uitstalsale.

“Dit is 140 jaar se uitnemendheid wat 350 uitstallers, ‘n verskeidenheid vermaak, opvoedkundige geleenthede, perde, beeste, bokke en skape saamvoeg om aan meer as 100 000 besoekers ’n byeenkoms- en kuiergeleentheid te skep.”

Die Bloemskou en die Nasionale Museum in Bloemfontein het vanjaar hande gevat om die historiese tydlyn vanaf 1883 tot 2023 uit te beeld. Hierdie uitstalling kan vanaf 1 Maart tot 21 April 2023 by die museum besigtig word, en van 27 April tot 6 Mei 2023 in een van die uitstalsale tydens die Bloemskou.

Die organiseerders vervaardig ’n kort video oor die geskiedenis van die Bloemskou en versamel stories van legendes wat by die skou betrokke was, om teen die einde van 2023 in ’n boek uit te gee.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.