On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Gedenkdiens vir voormalige omroeper gehou

───   BAMBATHA GIKO 11:28 Fri, 25 Nov 2022

Gedenkdiens vir voormalige omroeper gehou | News Article

'n Voormalige aanbieder by Radio Oranje, nou bekend as OFM, André Groenewald, wat ook 'n tegniese instrukteur by die SAUK was, se gedenkdiens word Sondag 25 November 2022 gehou.

Christo Olivier, 'n oud-kollega en vriend van Groenewald, sê hy sal onthou word as iemand wat 'n baie goeie vehouding met sy luisteraars gehad het. Hy het hulle altyd spesiaal laat voel met sy gemaklike geaardheid en openlikheid - wat hy gevoel het, het hy met hulle gedeel.

“André het altyd tyd gemaak vir mense en sy luisteraars. Ek dink dit is iets wat my altyd sal bybly, ook die feit dat hy altyd bereid was om, as daar 'n krisis was, in te staan,” sê Olivier.

Groenewald is in die ouderdom van 75 aan kanker in Gansbaai, in die Wes-Kaap, oorlede. Sy gedenkdiens sal op sy tuisdorp, Gansbaai, gehou word.

OFM-nuus/Bambatha Giko

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.