Central SA
Kunstefees bied beste literatuur vir boekwurms─── HEIDRÈ MALGAS 12:36 Wed, 05 Oct 2022
Die Vrystaat Kunstefees – een fees, baie stories – vind in Bloemfontein plaas vanaf Sondag 2 Oktober tot Saterdag 8 Oktober 2022. Die Kunstemark begin op Dinsdag 4 Oktober en sal daagliks van 09.00 tot 19.00 oop wees.
Maritsa Barlow, literatuur koördineerder, vertel dat hierdie jaar se tema ‘n dieper betekenis het vir boekwurms, want almal in die wêreld is deur ‘n baie moeilike tyd. So dit was vir haar belangrik om skrywers te hê wat skryf oor dieper, moeilke temas wat ‘n platform kry om daaroor te gesels.
“Lizette Rabe, van Stellenbosch, gaan bietjie gesels oor skryf as terapie. Hoe skryf 'n mens vir terapie? Dan het ons ook vir Zarine Roodt, wat mense van Bloemfontein sal ken. Sy het die Camino gaan stap en ‘n boek geskryf oor al die insigte wat sy daar gekry het,” vertel Barlow.
Sy vertel verder die bekende joernalis, Herman Lategan, het ‘n baie goeie memoir geskryf oor sy lewe en dat hy al deur verskriklik baie is en sy dink dis belangrik dat mense ook sien waardeur mense in die pers gaan.
“Die aktrise, Lindie Stander, wat mense sal ken van Binnelanders, het ‘n boek geskryf oor haar depressie en sy gaan ‘n gesprek voer met Susan Koetze daaroor,” vertel sy.
Sy vertel dat daar 'n onbeperkte toegangskaartjie gaan wees. Sy het baie hard geveg daarvoor, want sy weet daar is mense wat fees toe gaan en so veel as moontlik boekgesprekke wil bywoon.
Vele ander bekendes, soos die geliefde Jaco Jacobs, gaan twee kinderure gaan hê wat kinders verniet kan bywoon.
Die onbeperkte toegangskaartjie kan vanjaar op Webtickets gekry word vir R420. Sy vertel dat dit dalk duur klink, maar dit sluit al die boekgespreke in. Daar is omtrent 12 per dag en 'n mens kan soveel as moontlik bywoon.