On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Gebruik Nutri Feeds vir ekstra voeding hierdie seisoen

───   10:54 Mon, 03 Oct 2022

Sponsored10:54 Mon, 03 Oct 2022
Gebruik Nutri Feeds vir ekstra voeding hierdie seisoen | News Article

Nutri Feeds is een van die drie grootste veevoer vervaardigers in SA. Hulle is deel van die Country Bird Holdings groep, waaronder Supreme een van die maatskappye is.

Nutri Feeds het besigheidseenhede in verskeie Afrikalande en die vier fabrieke in Suid-Afrika is in Bloemfontein, Viljoenskroon, Marble Hall en Lichtenburg. Hulle vervaardig voer vir enkelmaag-diere, asook herkouers. In totaal, vervaardig Nutri Feeds ongeveer 50 300 ton veevoer per maand.

Dit is die tyd van jaar om meer energielekke of produksielekke uit te sit vir die vee in die veld. Die veld is nog droog na die winter en baie laag in voedingswaarde. Daar is nie veel natuurlike weiveld oor nie, en daar is tans heelwat dragtige diere of lakterende diere wat ekstra voeding benodig. Om kondisie te behou en beter reproduksie te bevorder, is dit belangrik om vir hierdie diere addisionele byvoeding te verskaf.

Nutri Feeds se tegniese adviseurs stel voor produkte soos Nutri Feeds Winterbreker 32, Produksielek en ook die Energie ‘tub’. Nutri Feeds se Winterbreker 32 kan gemeng word met mielies 1 tot 1 om ‘n produksielek te maak. Die spoormineraalvlakke van die produk is ook gepas vir die komende teelseisoen se vrugbaarheidsvlakke.

Vir die boere wat ‘n volledige produk benodig, beveel Nutri Feeds die Produksielek aan. Die ‘Tub’ reeks is alom bekend in die landboubedryf. Boere kan ook nou kyk na ‘n Energie ’tub’. Die produk is ‘n proteine-, energie- en mineral-aanvulling vir herkouers en sy verpakking is ideaal om vermorsing te voorkom en innames te reguleer. Die groot pluspunt is dat die produk waterbestand is – sou die eerste lentereëns jouverras.

Al hierdie produkte is by uitgesoekte handelstakke van landboumaatskappye beskikbaar. Elke area beskik ook oor tegniese adviseurs wat boere op hulle plase besoek om meer direkte raad en voorstelle te maak ten opsigte van die korrekte produkte en selfmeng-opsies. Kontakbesonderhede is beskikbaar by nutrifeeds.co.za.

Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens het met Santa Ferreira, Nasionale Bemarkingsbestuurder van Nutri Feeds, gepraat. Luister hier:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.