On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Upington het nie water 'vir tuinmaak en swembaddens'

───   08:01 Mon, 03 Oct 2022

Upington het nie water 'vir tuinmaak en swembaddens' | News Article
PHOTO: Supplied

Die Dawid Kruiper-munisipaliteit het die natmaak van tuine asook die opvul van swembaddens tydelik verbied. Groot dele van Upington is sonder water omdat die dorp se reservoirs weens beurtkrag nie voldoende volgepomp kan word nie.

Die woordvoerder vir die munisipaliteit, Patrick Williams, vra dat die gemeenskap water spaarsamig gebruik.

“Grootmaat-waterlewering is onder geweldige druk weens die voortslepende beurtkrag. Geen waterproduksie kan tydens kragonderbrekings gelewer word nie.

“Die natmaak van tuine asook die volmaak van swembaddens word verbied ten einde die beskikbare water eweredig na alle inwoners te kanaliseer.”

Hy sê die beurtkrag wat deur die nasionale kragverskaffer, Eskom, ingestel is, beïinvloed die munisipaliteit se vermoë om genoegsaam water by die reservoirs te kry om aan die behoefte van inwoners te voorsien.

LEES OOK: Munisipaliteit sê AfriForum se watertoets is 'ongeloofwaardig'

Williams sê die Abraham “Holbors” September-watersuiweringsaanleg is elektries aangedrewe en beurtkrag het ’n direkte impak op die werking van die pompe.

Die munisipaliteit se direkteur vir siviele dienste, Padwald Jonker, sê inwoners moet vir die duur van beurtkrag hul waterverbruik afskaal en veral nie besproeiing toepas nie omdat die watervlakke van die reservoirs baie laag is.

Hy sê besproeiing kan hervat word sodra fase 2-beurtkrag ingestel word.

OFM Nuus / Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.