On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Namakwa-blommeprag stel nie teleur - FOTO'S

───   05:00 Tue, 20 Sep 2022

Namakwa-blommeprag stel nie teleur - FOTO'S | News Article
FOTO: Pearl Heyn/Namakwa-distriksmunisipaliteit se toerismekantoor

Die Namakwa Nasionale Park se blomme het nie vanjaar teleurgestel nie ondanks talle uitdagings met die groot getalle toeriste wat na die skouspel gaan kyk het.

Die woordvoerder van die Namakwa-distriksmunisipaliteit se toerismekantoor, Pearl Heyn, wat gemoeid is met die Noord-Kaapse blommeroete wat strek vanaf Concordia tot by Calvinia, asook van Nababeep tot by Nieuwoudtville, sê hulle is tevrede met die aantal besoekers wat sedert die begin van die blommeseisoen die Namakwa-streek besoek het.

Sy sê die blommeprag duur vir minstens agt weke van 1 Augustus tot 1 Oktober, maar dat die blomme reeds in Julie vanjaar hulle verskyning gemaak het en moontlik tot laat in Oktober sigbaar sal wees. Heyn sê ‘n verskeidenheid van blomme is nog in die Nieuwoudtville-omgewing sigbaar terwyl albei roetes by Willemsrivier tot 1 Oktober vanjaar oop gaan bly.

Sy sê toeriste van oral oor Suid-Afrika, asook die buiteland, het tot dusver na die blomme kom kyk, ondanks die huidige ekonomiese omstandighede, wat beurtkrag insluit.

Van die blomme wat nog gesien kan word, sluit in die Kruipvygie asook die Bokkeveld-aster, insluitend die Glasoogbergmagriet, Gousblom en Snotrosie, om maar ‘n paar te noem. Die Noord-Kaapse LUR vir Toerisme en Ekonomiese Ontwikkeling, Abraham Vosloo, het intussen plaaslike toerisme aangemoedig en inwoners gevra om die geleentheid te gebruik om die land se besienswaardighede te besoek.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.