Central SA
#Hartswater moordsaak: Een verdagte draai staatsgetuie─── HEIDRÈ MALGAS 13:46 Tue, 06 Sep 2022

Een van die vyf verdagtes in die Hartswater moordsaak het artikel 204-staatsgetuie gedraai.
Die vier oorblywende beskuldigdes het elk onskuldig gepleit op alle aanklagte teen hulle.
Mojalefa Senokoatsane, Nasionale Vvervolgingsgesag streekswoordvoerder vir die Noord-Kaap, sê die verhoor het vandag weer begin.
Senokoatsane het bygevoeg dat beskuldigdes 1, 2, 4 en 5 die hof ingelig het dat hulle nie 'n verklaring sal aflê of enige vrae tydens die verhoor sal beantwoord nie.
LEES OOK: Hartswater murders: Five arrested, three bodies recovered
Senokoatsane voeg by dat die verdediging gister uitstel versoek het om met hul kliënte te konsulteer.
Die bejaarde egpaar, Danie en Breggie Brand, en hul dogter, Elzabie is op 'n kleinhoewe in die Magogong-omgewing naby Hartswater in die Noord-Kaap vermoor.
OFM-nuus het vroeër berig dat die verdagtes op 28 Julie 2020 in hegtenis geneem is nadat hulle na bewering die Brand-gesin op Sondag 26 Julie 2020 by hul huis op hul kleinhoewe aangeval het.
LEES OOK: Brand-gesin se moordverdagtes terug in hof
Die nasionale polisiewoordvoerder, Vish Naidoo, het gesê die voorval is aangemeld nadat familielede in Johannesburg vermoed het dat iets fout was toe hulle nie met hul ouers en suster in kontak kon kom nie.
LEES OOK: Hartswater murder suspects expected in court
Die nasionale polisiewoordvoerder, Vish Naidoo, het gesê familielede in Johannesburg het vermoed dat iets fout was toe hulle nie met hul ouers en suster in kontak kon kom nie.
Die vyf beskuldiges in die saak is Kgomotso Mpumlwane (45), Donald Seolesang (22), Tshepo Visagie (38), Realeboga Manyedi (21), asook Tshepaone Malato (21) wat nou staatsgetuie gedraai het.