On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Gerben
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley loop deur onder kabeldiefstal

───   HEIDRÈ MALGAS 15:41 Wed, 01 Jun 2022

Kimberley loop deur onder kabeldiefstal  | News Article
Phutanang substasie/FOTO: Verskaf

Kabeldiefstal in Kimberley vanoggend het tot skade van byna R600 000 gelei.

Volgens Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje Munisipaliteit, is 'n saak van diefstal en opsetlike saakbeskadiging aanhangig gemaak nadat kabeldiewe by die Phutatang substasie in Galeshewe toegeslaan het. 

LEES OOK: Five arrested in NC for copper cable theft, vandalism

Riet sê hul grootste vrees tans is indien die herstelwerk verkeerd loop, dit inwoners moontlik vir dae lank in duisternis kan laat.

Sy het verder bygevoeg dat hulle probeer om die transformator te beskerm, om groter skade te vermy wat die toevoer van elektrisiteit na omliggende gebiede kon afsny.

“Daar is groot finansiële implikasies en ons plan op hierdie stadium is om 24-uur mannekrag aan te stel wat die substasie voltyds sal patrolleer,” het sy gesê.

Sy het aan OFM-nuus bevestig dat die verdagtes steeds op vrye voet is, en dat wetstoepassers hard werk om die skuldige partye vas te trek.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.