Central SA
#Interpol en SAPD bereik ooreenkoms─── 16:36 Thu, 31 Mar 2022
Volgens die Valke se Brigadier Thandi Mbambo kan vier Amerikaanse kinders, wat as vermis aangemeld en in Suid-Afrika gevind is. terugkeer na die Verenigde State.
Dit, na ‘n ooreenkoms tussen Interpol en die SAPD bereik is.
‘n Groep van 21 Amerikaners is op 16 Maart op ‘n plaas buite Upington in die Noord-Kaap in hegtenis geneem.
Die rede hiervoor was omdat hulle glo onwetting in die land aangebly het, nadat hulle visums verstrek het. Hul inhegtenisname het gevolg nadat Interpol die SAPD genader het om vir die vier vermiste Amerikaanse kinders te soek.
LEES MEER: #Interpol, Valke kry Amerikaanse pa en kinders in Upington
Die kinders is, na afloop van die inhegtenisname van onder meer hul pa, na ‘n plek van veiligheid geneem.
Die groep is onderworpe aan streng borgvoorwaardes, wat insluit dat hulle nie die ZF Mgcawu streek mag verlaat nie, en hulle paspoorte moes oorhandig aan die Departement Binnelandse Sake.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se woordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê die groep moet ook van Vrydag 1 April elke Maandag en Vrydag by die SAPD in Upington aanmeld om ‘n borgregister te onderteken.
OFM Nuus/ Roderick Titus