On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Voormalige Noord-Kaapse LUR sterf in ongeluk

───   08:54 Sun, 27 Mar 2022

Voormalige Noord-Kaapse LUR sterf in ongeluk | News Article
Die oorsaak van die ongeluk word tans ondersoek. FOTO: www.parliament.gov.za

Die voormalige LUR vir Gesondheid in die Noord-Kaap, Mxolisi Sokatsha, en nog 'n persoon is in 'n ongeluk op die N12 tussen Hopetown en Belmont dood.

Sokatsha het as lid van die Departement van Gesondheid se Portefeuljekomitee diens gedoen en was vanuit Graaff-Reinet na Kimberley onderweg. 

Die oorsaak van die ongeluk word tans ondersoek. 

Die voormalige Noord-Kaapse Premier en huidige Adjunkvoorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Sylvia Lucas , sê Sokatsha se bydrae met betrekking tot die nasionale gesondheidsversekering sal lank onthou word. 

Die Premier van die Noord-Kaap, Zamani Saul, het intussen die Noord-Kaapse wetgewer en gemeenskap se medelye met die voormalige LUR se gesin betoon.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.