On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Inwoners vir weke sonder water met NK-waterprobleme wat voortduur

───   10:02 Thu, 06 Jan 2022

Inwoners vir weke sonder water met NK-waterprobleme wat voortduur | News Article
Foto: Exberliner

Met die Oranjerivier in vloed en nóg stygings in watervlakke wat verwag word, duur die waterprobleme in die Kai !Garip munisipale regsgebied vir 'n derde week voort.

Die waarnemende munisipale bestuurder, dr. Johhny McKay, sê hulle sukkel met die netwerk en om kwaliteitbeheer toe te pas.

Hy sê hulle sukkel met die watertoevoer omdat die vloed veroorsaak dat pompe onklaar geraak het en die munisipaliteit genoodsaak word om meer chloor vir watersuiwering te gebruik. Dit, terwyl die hoë vlakke van modder die gebruik van filters verder verhoog.

Volgens McKay probeer die munisipaliteit om die stelsel skoon te hou en om chloorvlakke te verhoog om bakterie en vreemde kieme hok te slaan.

In die Dawid Kruiper munisipale regsgebied sê Padwald Jonker dat ‘n foutiewe komponent op ‘n kragvoorsieningspaneel wat onklaar geraak het, vervang is, en dat die hoof-transformator by die Abraham Holbors September watersuiweringsaanleg tans foutiewelik is, wat veroorsaak dat die watertoevoer baie swak is.

Jonker sê water word tans met slegs twee pompe gelewer wat onvoldoende is om in die aanvraag na water in die sisteem te voldoen. Hy sê spanne werk sonder ophou om die fout te herstel en die watertoevoer na verbruikers te herstel.

Die Dawid Kruiper-munisipaliteit vra amptelik op sosiale media dat die gebruik van water aangepas moet word en swembaddens en tuine nie nat- en volgemaak moet word nie.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.