On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

NK inwoners 'vir jare' sonder elektrisiteit

───   BLAINE JONES 06:53 Mon, 01 Nov 2021

NK inwoners 'vir jare' sonder elektrisiteit | News Article

Gefrustreerde inwoners van die Mahala Park informele nedersetting in Kimberly het hul woede en frustrasie uitgespreek oor voortslepende probleme met elektrisiteit.


'n Woedende inwoner by die informele nedersetting, Maria Brant, vertel aan OFM-nuus dat sommige inwoners al jare sonder elektrisiteit leef. Sy sê sy kom al vir meer as 20 jaar noodgedwonge sonder elektrisiteit klaar. Brant en ander inwoners sê die enigste manier om elektrisiteit by hul huise te hê, is om kragdrade aan die van 'n ander inwoner en te koppel.

"Ons het Krag probleme, ons bly al jare in die shanties sonder Krag. Ek is nou al 25 jaar sonder Krag. Ons het nie elke dag geld nie, ons sukkel.  Nou en Dan het ons nie parrafin geld nie en Kan nie gas bekostig nie. Ons het 'n raadslit, maar ons is nie seker hoe ver dit in die werke is nie, " se Brant

Sy sê die grootste probleem waarmee die inwoners sit, is geen elektrisiteit nie. Intussen sê ’n ander inwoner van dieselfde area, Morine Mokokong, daar is baie kwessies waarmee hul gemeenskap met sit, maar die grootste is elektrisiteit.

OFM-nuus/Blaine Jones en Lucky Nkuyane

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.