On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Nikki
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with Anny
Listen Live Streams

Central SA

SA gereed vir plaaslike toerisme – kenners

───   08:44 Mon, 09 Aug 2021

SA gereed vir plaaslike toerisme – kenners | News Article

Kundiges in toerismebedryf hou vol dat Suid-Afrika gereed is om toerisme op eie bodem voort te sit asook internasionale toeriste te verwelkom.

Die bedryf is ‘n reuse knou toegedien nadat provinsiale- en landsgrense weens die verspreiding van die dodelike coronavirus (Covid-19) moes sluit.

Die kantoor van die Noord-Kaapse LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling - onder leiding van Abraham Vosloo - het vroeër tydens ‘n toerisme-veldtog in die ZF Mgcawu streek, aangevoer dat die enigste wyse om die bedryf se herlewing te sien is om die tuis-toerisme te bevorder.

Inwoners, veral in die platteland, deur Vosloo aangemoedig om deur hulle eie omgewing te reis en so plaaslike toerisme te bevorder.

Vosloo het ook rolspelers in die bedryf aangemoedig om steeds voort te gaan om gehalte diens te lewer.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.