On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Gewilde sanger bly positief ondanks inperkingsregulasies

───   15:39 Mon, 28 Jun 2021

Gewilde sanger bly positief ondanks inperkingsregulasies | News Article
PHOTO: Blaine Jones

Weens die Covid-19-pandemie was die afgelope jaar die ergste ooit vir kunstenaars en moes hulle tydens die nasionale inperking vir maande sonder ‘n inkomste klaarkom.

Daardie nagmerrie is weer eens 'n werklikheid. 

Ná President Cyril Ramaphosa se aankondiging Sondagaand dat Suid-Afrika vir twee weke na vlak 4 van die inperking sal oorgaan, bevind kunstenaars hulself weer in 'n moeilike situasie omdat sosiale byeenkomste nie toegelaat word nie. 

Die bekende kunstenaar en musikant Jo Black sê dat hy tydens die aanvanklike, algehele inperking gedwing was om sy ingesteldheid aan te pas. Black sê die feit dat hy ondersteunende familie en vriende het, sal hom nooit op die straat laat nie en dieselfde kan vir baie mense gesê word. 

Hy voeg verder by dat die meeste mense verlede jaar paniekerig geraak het en nie geweet het hoe hulle dit gaan maak nie, en nou is dit Junie en ons oorleef nog steeds. Black sê sodra die derde golf verby is en die inperkings gelig word, sal Bloemfontein die eerste plek wees waar hy gaan optree.


OFM News/Blaine Jones

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.