On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Sentraal SA ervaar goeie reënval

───   13:05 Tue, 05 Jan 2021

Sentraal SA ervaar goeie reënval | News Article

Die Noordwes, Vrystaat en Noord-Kaap het die afgelope paar weke 'n Nuwejaarsgeskenk, naamlik 'n toename in reënval, met dankbaarheid aanvaar.


Volgens Agri Noord-Kaap se Visepresident, Willem Symington, het sommige gebiede in die Noord-Kaap die afgelope maand 'n toename in reënval ervaar in vergelyking met Desember 2019. 

Die weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Siyabonga Mpati, sê die onlangse reënval in Sentraal-Suid-Afrika word veroorsaak deur 'n oorvloed van tropiese vog. Mpati voeg verder by dat dit moeilik is om te bepaal watter provinsie in Sentraal Suid-Afrika die meeste reënval gehad het, aangesien die persentasies weekliks verander. Mpati voeg by dat die Vrystaat na verwagting in die komende dae nóg meer reën sal ontvang.


OFM News/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.