On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Strande in Noord-Kaap loop leeg

───   07:52 Fri, 25 Dec 2020

Strande in Noord-Kaap loop leeg | News Article

Strande in die Noord-Kaap, in die Namakwa-streek, is nie gesluit as deel van die nasionale Covid19 inperking maatreëls nie.

OFM-Nuus se Mia-Leigh Cloete berig dat die gebruiklike  toestroming na Port Nolloth, McDougalls Baai en ander strande in die omgewing duidelik nie vanjaar voorkom nie. 

Sy sê streng maatreëls word toegepas en lede van die Publieke Orde Eenheid van Springbok is daar ontplooi en patroleer in die dorp en op stande. Die gewildste uithang plek gedurende die feestyd is MC Dougallsbaai - 'n kamp terrein en karavaanpark in Port Nolloth waar die meeste mense vir die dag uitspan.

Cloete berig dat geen dagbesoekers egter as deel van die inperkingsmaatreëls toegelaat word nie. Die oord self is wel vol bespreek en besoekers het tot laat gister nog die kusdorp binne gekom. Baie van die besoekers is ook van die streek en veral die Richtersveld-omgewing. Dit volg nadat die Namakwa-streek in die Noord-Kaap volgens die jongste beskikbare syfers, die hoogste aantal positiewe  Covid19 gevalle aangeteken het gedurende die begin van die tweede vlaag van die virus.  

'n Inwoner van Port Nolloth wat 'n inkomste maak met 'n kos-stalletjie met braaivleis en roosterbroodjies vir besoekers by die strand, Lis Smith, sê die inperking het haar swaar getref want die verwagte toeloop van dagbesoekers gaan nie plaasvind nie.

Inwoners sê alle voertuie lei na Port Nolloth daar het reeds sowat 200 voertuie dié dorp binne gekom en na beraaming 200 voertuie met besoekers het op 24 Desember 2020 hierdie dorp kom besoek. Nog 'n inwoner van die streek - in Okiep - sê Covid19 het 'n demper op vieringe van die feesseisoen geplaas. Sy sê inwoners  vermy  maar  eerder openbare plekke.  

OFM News/ Mia- Leigh Cloete

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.