On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Vroue moet streef daarna om ware leiers te wees

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:27 Fri, 09 Aug 2019

Vroue moet streef daarna om ware leiers te wees | News Article

Vroue in Suid-Afrika kan leer by hul merkwaardige voorgangers en sterk dinamiese leiers soos Charlotte Maxeke.

 

Dit was die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, se boodskap aan vroue oor die land heen in aanloop tot Vrouedagvieringe.

Didiza het vandeesweek hulde gebring aan vroue soos Maxeke tydens die jaarlikse Charlotte Maxeke openbare lesing by die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus. Maxeke was 'n leierfiguur in alle opsigte en die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou om 'n graad in wetenskap in Amerika te verwerf. Sy is ook die enigste vroulike ANC-stigterslid. Didiza het gesê vroue moet soos Maxeke kwessies en uitdagings in hul direkte omgewing, wat hul gemeenskappe insluit, aanspreek.

Volgens Didiza het Maxeke gesag op ‘n vroulike wyse uitgeoefen om kwessies aan te spreek en gemeenskappe te beïnvloed en dit is die tipe leierskap wat Suid-Afrika nou benodig. “Maxeke is beïnvloed deur kennis wat sy bekom het by ander mense.”

Die nasionale Vrouedagvieringe vind vandag in Vryburg in Noordwes plaas. Pres. Cyril Ramaphosa, wat in sy staatsrede die voortdurende uitdagings van geslagsgebaseerde geweld teen vroue en jong meisies uitgelig het, sal na verwagting op dié geleentheid praat. Vrouedag herdenk sedert 1994 die optog van 20 000 vroue teen die apartheidsregering se paswette in 1956.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.