On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Business

Tweepot-aftreestelsel tree in werking

───   11:53 Sun, 01 Sep 2024

Tweepot-aftreestelsel tree in werking | News Article

“Dié stelsel sal toekoms van aftreebeplanning in Suid-Afrika verander.”

Die langverwagte tweepot-aftreestelsel tree vandag in werking. Dié stelsel sal die toekoms van aftreebeplanning in Suid-Afrika verander.

Die aftreespaargeld van Suid-Afrikaners word van Sondag (1/9) in ’n gevestigde, spaar- en aftreepot verdeel.

Hier is wat jy moet weet:

  1. Die gevestigde pot of komponent:
    Hierdie komponent bestaan uit al jou aftreespaargeld wat tot 31 Augustus  bygedra is. Hierdie geld sal beskerm word en die tweepotreëls sal nie daarop van toepassing wees nie. Altesaam 10% van hierdie aftreespaargeld, of R30 000 – wat ook al die laagste is – sal na die spaarkomponent oorgeplaas word.

  2. Die spaarpot of -komponent:
    ’n Derde van jou bydraes vanaf 1 September sal na jou spaarkomponent gaan. Jy kan een keer elke belastingjaar van hierdie geld gebruik maak vir ’n noodgeval. Die minimum onttrekkingsbedrag is R2 000, en dit sal teen jou marginale inkomstebelastingkoers belas word. Jy sal ook ’n verwerkingsfooi betaal.


  3. Die aftreepot of -komponent:
    Twee derdes van jou bydraes vanaf 1 September sal na jou aftreekomponent gaan. Jy kan eers by aftrede toegang tot hierdie komponent kry en dit moet gebruik word om ’n pensioen te koop.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.