On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Business

Penguin Elektries - jou eenstopwinkel in Kroonstad

───   14:53 Fri, 28 Jun 2024

Penguin Elektries - jou eenstopwinkel in Kroonstad | News Article

Het jy al gaan inloer by Penguin Elektries?

Penguin Elektries is ’n eenstopwinkel vir al jou elektriese, loodgieter- en hardeware benodighede. Met ’n wye verskeidenheid produkte en ’n toewyding aan gehalte en diens, is dit geen wonder dat hulle ’n gevestigde naam in die gemeenskap is nie.

Penguin Elektries bestaan al van af Oktober 2012, by Kerkstraat 3, Kroonstad en verskaf elektriese toebehore, loodgieter- en hardeware benodighede soos Kwikot-geysers met ’n vyf-jaar waarborg, elektriese toebehore vir enige intelasies by huise en onder andere CBI en CHINT stroombrekers; en swembadprodukte van Hyper Pool in Bloemfontein.

Wat die hardeware betref word die mees algemene toerusting in die Ryobi reeks verskaf en indien daar enige spesiale navrae is, kan dit bestel word. Daar is ook loodgieterware met die gewilde multi-layer en uni-twist plastiekpype.

Die winkel het klein begin in 2012, maar oor die jare heen diversifiseer en groter geraak om aan die behoeftes van die groeiende kliëntebasis te voldoen.

Vir gratis kwotasies, kontak 056 212 2755. Penguin Elektries help graag!

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.