On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Business

#OFMSakeUur: Het jou boerdery 'n meesterplan?

───   15:51 Mon, 07 Feb 2022

#OFMSakeUur: Het jou boerdery 'n meesterplan? | News Article

Landbou ervaar dieselfde ekonomiese realiteite as die res van die ekonomie. Wat kan landbouers doen om mededingend te bly? Nedbank het raad.

OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger het met Daneel Rossouw, die Funksionele Hoof Landbou – Nedbank verhoudingskanale, gesels oor besigheidsgroei in landbou.

Lees ook: Transformasie in landbou

Rossouw stel ondermeer voor dat elke landbouer ’n meestersplan met ’n grondwet vir die boerdery opstel.

“Jy moet weet waar jy wil wees oor ’n jaar, vyf jaar, tien jaar van nou af en wat jy in plek moet stel om daar te kom. Soos byvoorbeeld markontledings, markposisionering, integrasie binne die waardeketting, bestuur en selfs erfopvolging. Dis baie belangrik, want meeste van ons boerderye is familiebesighede.”

Hy meld verder dat die boerdery se vennote ook moet inkoop op hierdie meesterplan.

“As ek van vennote praat is dit al die rolspelers binne in jou waardeketting. Van insetverskaffers tot verwerkers, insluitende jou finansiële vennoot.”

Lees meer oor Nedbank se innoverende oplossing hier.

Luister na die volledige gesprek onder om meer uit te vind.


Podcasts

Nedbank Landboudienste - Besigheidsgroei in landbou:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.