Business
Kanadese sjokoholiste dankbaar oor tariefsystap─── 13:55 Mon, 07 Apr 2025

In reaksie op toenemende handelspanning tussen Amerika en onder meer Kanada het die Switserse sjokoladevervaardiger Lindt & Sprüngli nuwe tariefverhogings namens Kanadese sjokoladeliefhebbers gesystap deur sy voorsieningsketting aan te pas.
Ná die Amerikaanse implementering van ’n 25%-tarief op uitvoer deur Kanada en Mexiko na Amerika, het Justin Trudeau, die Kanadese premier, gesê Ottawa sal ook reageer met ’n onmiddellike 25%-tariefverhoging op uitvoer deur die VSA.
Om die hoër Amerikaanse doeanetariewe te vermy wat deur pres. Donald Trump ingestel is, beplan Lindt om sy Kanadese sjokoladevoorraad te verskuif van VSA-geproduseerde na Europees-geproduseerde sjokolade. Tans koop Kanada die helfte van Lindt se sjokolade uit die VSA en die ander helfte uit Europa aan.
Lindt and its parent company in Switzerland is going to cut out US by sending thier chocolate directly to Canada. Our boycott of American goods is working not just here but across the globe https://t.co/PTWxjmWVto
— Maggie Keresteci ???? (@MaggieKeresteci) March 5, 2025
Reuters berig hierdie oorskakeling, om al die sjokolade uit Europa aan te koop, sal na verwagting middel vanjaar begin. Dit sal Lindt in staat stel om steeds die Kanadese mark te bedien sonder die bykomende koste van tariewe.
Lindt doen stappe om te verhoed dat sy onderneming in Kanada – een van sy toptienmarkte – in die kruisvuur van die handelskonflik vasgevang word, sê Adalbert Lechner, uitvoerende hoof. “Die volumes wat ons tans uit die VSA in Kanada aflewer, kan alles vanuit Europa bekom word. Ons kan 100% van ons sjokolade uit Europa kry.”
Lindt, wie se produkte Lindor-sjokoladeballetjies insluit, het reeds voorraad in Kanada vanaf die VSA opgebou om sy bedrywighede tyd te gee om die voorsieningsketting te verander. Hy verwag dat dit teen die middel van die jaar voltooi sal wees.
Martin Hug, finansiële hoof, sê dit sal effens duurder wees om sjokolade van Europa na Kanada te vervoer, maar dit sal steeds minder kos as wanneer tariewe ingestel word. Produkte wat in Europa vervaardig word, kan ook minder van ’n verbruikersteenstand in Kanada ondervind as sjokolade wat in die VSA vervaardig is, sê Hug.
Pres. Donald Trump van Amerika het verreikende tariewe op invoer verdedig wat skokgolwe deur wêreldwye aandelemarkte gestuur het. Asiese aandele het Maandag (7/4) tot die laagste vlakke in baie jare gedaal. Europese markte in Brittanje en Duitsland het ook met die opening groot dalings beleef.
Trump het Sondagaand – ná ’n naweek van gholf by sy eksklusiewe eiendomme in Florida – gesê dat hy “oop is om met wêreldleiers oor nuwe ooreenkomste te praat” ná die chaos wat deur sy handelsoorloë ontketen is. Trump het ook beweer dat hy met “baie lande” gepraat het en dat hulle, ondanks woede in die buiteland oor sy “Vryheidsdag”-handelsaanvalle, “baie gaaf is”.
OFM Nuus mvh