On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Brahman-telersgenootskap nou betrokke by prestasietoetsing van diere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:45 Mon, 16 Sep 2019

Brahman-telersgenootskap nou betrokke by prestasietoetsing van diere | News Article
FOTO: Brahmanshop

Suid-Afrika se Brahman-telersgenootskap spits hom nou toe op prestasietoetsing en die ontwikkeling van dié beesras in dié verband.


Die genootskap se rasdirekteur, Sietze Smit, sê daar is opgewondenheid om dít met nuwe wetenskaplike fasette aan te pak. Hy sê dié genootskap is daarom deel van die Vleisbees-genomikaprojek, oftewel die BGP, waarin dié Suid-Afrikaanse genootskap met sy eweknieë in Namibië betrokke is by verskeie groeitoetse.

Dié toetse bepaal ‘n dier se netto-voerinname om sodoende te meet hoeveel die dier groei teenoor die volume kos wat ingeneem word.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Smit gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Sietze Smit, rasdirekteur van die Brahman-telersgenootskap van Suid-Afrika.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.