On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Groot dele van die Vrystaat moet as droogte-rampgebied verklaar word, vra DA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:37 Tue, 22 Jan 2019

 Groot dele van die Vrystaat moet as droogte-rampgebied verklaar word, vra DA | News Article

Groot dele van die Vrystaat, wat gebuk gaan onder die ergste droogte die afgelope eeu, moet as 'n rampgebied verklaar word.


Dit is volgens Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer. Jankielsohn het verlede Donderdag dié versoek aan die premier, Sisi Ntombela, en die LUR van landbou en landelike ontwikkeling, Benny Malakoane, in 'n brief gerig. 

Hy sê die droogte het kommersiële en opkomende boere veral in die westelike saaigebiede in die Vrystaat in 'n wurggreep.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…



Dit is was Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer. Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.