On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Arts

‘Wanneer ’n groot boom val’: Studente word leermeesters in teaterproduksie

───   KAYLA BARKER 09:00 Tue, 18 Mar 2025

‘Wanneer ’n groot boom val’: Studente word leermeesters in teaterproduksie  | News Article

Skrywer, regisseur en vervaardiger van die produksie “Wanneer ‘n groot boom val”, Jefferson J. Dirks-Korkee, en medevervaardiger en regisseur, Karabelo Plaatje, sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop.

Jefferson J. Dirks-Korkee en Karabelo Plaatje was dramastudente aan die Universiteit van die Vrystaat maar in hul nuutse produksie, “Wanneer ’n Groot Boom val”, het hulle die geleentheid om die gesoute akteurs te vorm en lei in ‘n produksie waar die leerders die leermeester word. 

Hulle vertel vir Yolanda meer oor die proses en hul ervaring in die OFM Kunsteklop.

Gerben Kamper, Maria de Koker en Moses Lechuti gee lewe aan die karakters in die toneelstuk wat oor die mooi en opbouende verhouding tussen onderwysers en hul kinders handel.

Amíra-Xandria van Biljon verskyn ook in die produksie.

Gerben Kamper, Maria de Koker en Moses Lechuti tydens oefensessies by Pacofs.

Jefferson J. Dirks-Korkee en Karabelo Plaatje vertel “hierdie produksie is ’n liefdesbrief aan al die onderwysers – my onderwysers, jou onderwysers. In hierdie toneelstuk maak ons ons oë toe terwyl ons met liefde onthou hoe ons in ons klaskamers gesit het, gedoen, gemaak en geglo het deur die lens van ’n drama-onderwyseres en haar studente”.

Jefferson J Dirks-Korkee en Karabelo Plaatje saam met Yolanda Maartens by die OFM-ateljee.

Weereens, ons sal verlief raak op die betekenisvolle ervarings en bydraes wat ons onderwysers in ons lewens gemaak het – maar wat doen ons wanneer iemand as spilpunt sterf. Hierdie produksie handel oor die dood, maar ook die herinneringe wat ons aan die gang hou.


Ondersteun hulle 27 – 29 Maart by die André Huguenet in Bloemfontein. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.