On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Arts

David Griessel se wêreld ‘Sylvan’ sal jou fassineer

───   KAYLA BARKER 16:31 Tue, 21 Jan 2025

David Griessel se wêreld ‘Sylvan’ sal jou fassineer | News Article
“Sylvan”, deur David Griessel. Foto verskaf

Ná sewe jaar keer kunstenaar David Griessel terug na sy tuisdorp Bloemfontein met ’n solo-uitstalling by die Co-Op-galery.

Sylvan, waar kuns en natuur mekaar omhels.

David Griessel sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop en vertel hoe die wêreld in sy gedagtes op papier eindig en hoe hy die karakters ontwikkel. 

 

David is nog altyd bekoor deur die labirintagtige konstellasies van boomdakke om hom maar sy fassinasie het nog nooit gelei tot ’n wetenskaplike studie van bome en plantelewe nie, maar eerder ’n estetiese en amper geestelike waardering. 

Die uitstalling is nog tot einde Januarie te sien. Foto verskaf

Sy kunsstyl werk in die gebied van die fantastiese en met dit vat David denkbeeldige vryhede met sy uitbeelding van die natuurlike wêreld, en dit is hier waar kuns en natuur mekaar omhels om sy wonderlike karakters lewe te gee.

Sy fassinasie het nog nooit gelei tot ’n wetenskaplike studie van bome en plantelewe nie, maar eerder ’n estetiese en amper geestelike waardering. Foto verskaf

Die spesies fynbos en bome wat in hierdie uitstalling gewys word, bestaan werklik maar Griessel het die lyne tussen die mensdom en die planteryk vervaag.

In gesprek oor sy uitstalling vertel David dat woude en plantlewe nog altyd ’n belangrike plek in die mensdom se psige beklee en dat dit gesien kan word in die manier waarop boomlewe temas voorkom in godsdienste en mites wat terugdateer na argaïese beskawings. 

Hy het ook genoem dat hierdie voorbeelde blote speldeprikkels in die ryk geskiedenis van boomkultuur is en dat sy uitstalling net tik aan hierdie ryk verlede, wat as 'n bron van onbeperkte kreatiewe inspirasie kan dien.



Die uitstalling is te siene tot einde Januarie 2025 by die Co-Op-galery in Bloemfontein. 

OFM

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.