On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Arts

Marianne Cilliers-Legierski, Petro Engelbrecht deel Bloemfonteinse verhoog

───   09:00 Thu, 31 Oct 2024

Marianne Cilliers-Legierski, Petro Engelbrecht deel Bloemfonteinse verhoog  | News Article
Die Odeion in Bloemfontein. Foto verskaf

Marianne Cilliers-Legierski keer terug na haar geliefde Bloemfontein, natuurlik met haar viool, om saam met pianis Petro Engelbrecht een aand van ongelooflike musiek met die Vrystaatse gehoor te deel.

Die uitvoering is die 14de November, 19:00 in die Odeion, en toegang is gratis. Marianne sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om meer te vertel oor die geleentheid en die aand se program.

Marianne het haar vioolloopbaan by Francois Henkins (Bloemfontein), Derek Ochse (Bloemfontein) en Jack de Wet begin totdat sy oorsee is vir nagraadse studie. Sy het haar BMus-graad aan UNISA voltooi en haar meesters- en doktorsgrade aan die Michigan State University (VSA).

Marianne Cilliers-Legierski. Foto verskaf

Sy het ook ’n tweede meestersgraad aan die Universität Mozarteum (Salzburg, Oostenryk) voltooi. Sy het talle beurse en pryse by kompetisies gewen.

Petro Engelbrecht het haar BMus (cum laude), BMusHons (cum laude) en MMus aan die Universiteit Stellenbosch voltooi onder leiding van Bennie van Eeden en Melanie Horne. In 2014 het sy haar DMus aan die Universiteit van Noordwes ontvang. 

In 2002 studeer sy onder Evelyne Brancart aan die Indiana Universiteit, Bloomington (VSA), waar sy ook as begeleier opgetree het. Nadat sy van haar oorsese studies teruggekeer het, het sy ’n aanstelling as begeleier by die UV opgeneem. 

Sy begelei gereeld by nasionale musiekkompetisies en verskeie koorkompetisies. In 2015 het sy ’n konsertreeks, Rhapsody in Bloem, as ’n platform vir amateurmusikante begin en die Rhapsody in Bloem jaarlikse musiekbeurs gestig en is tans 'n vryskutmusikant.

Toegang is gratis en die uitvoering is 19:00 die 14de November by die Odeion in Bloemfontein. 

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.