On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Gerben
Listen Live Streams

Arts

Twee Strydoms bring nuutskeppings vir klavier, klarinet na Bloemfontein

───   09:00 Tue, 08 Oct 2024

Twee Strydoms bring nuutskeppings vir klavier, klarinet na Bloemfontein | News Article
Energie tussen klarinet en klavier sal ten toon gestel word.

“Dit is werke wat nog nooit vantevore in Bloemfontein gespeel is nie.”

Prof. Danré Strydom sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor die gratis produksie op 31 Oktober in Bloemfontein.

 


Dit is 19:00 die aand en alle ouderdomme word genooi om die unieke vertolking van musiek te kom hoor. Danré verduidelik dat dit werke is wat nog nooit vantevore in Bloemfontein gespeel is nie en dat sy en haar broer, met wie sy die verhoog deel, vreeslik uitsien om die energie tussen klarinet en klavier ten toon te stel. 

Toegang is gratis en die konsert vind plaas by die Odeion in Bloemfontein op Donderdag 31 Oktober 2024.

OFM cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.