Arts
Oudlede van Vrystaatse Jeugkoor hou reünie─── 09:00 Thu, 14 Mar 2024
“Van 1965 tot 1996 was daar 32 jeugkore en ongeveer 1 300 leerders in die Vrystaat kon deel wees daarvan. ”
Wonderlike herinneringe is geskep en vriendskappe is gesluit. Die kosbaarste van alles is dat lede steeds kan saamsing en mooi musiek maak! Vrystaat Jeugkoor-komiteelid en Bloemfonteinse koorleier Leona Geldenhuys sluit by Yolanda aan in die OFM Kunsteklop.
Luisteraars word genooi om Saterdag 23 Maart om 19:30 die Konsert van Oud-Jeugkoorlede in die Odeion op die Kovsiekampus teen R50 per persoon sowel as Sondagoggend 24 Maart om 09:00 die erediens (gratis) in die Geloofsentrum Universitas by te woon waartydens die Reünie-Koor ‘n bydrae sal lewer.
Besoek https://vrystaatsejeugkoor.co.za/ om te registreer en vir nog besonderhede.