Arts
Geniet Amerikaanse musiek saam met Rhapsody Orkes in Bloemfontein─── 09:00 Thu, 07 Mar 2024
Beleef ’n musikale reis van klassieke en jazz musiek saam met die Rhapsody Orkes in Bloemfontein.
Wat is 'n American Rhapsody en wat kan jy verwag van die vertoning op 16 Maart in Bloemfontein? Heinrich Lategan sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om al jou vrae te beantwoord.
Die dirigent Heinrich Lategan word begelei deur die plaaslike pianis Petro Engelbrecht, wat as solis optree in die briljante kleurvolle en lewendige Rhapsody in Blue deur Gershwin. Ook op die program verskyn die pragtige en nostalgiese landskap van Copland se Appalachian Spring, aangebied in sy oorspronklike kamerweergawe vir 13 spelers.
Die program sluit ook musiek in van Gershwin se eienaardige An American in Paris, en die Saturday Night Waltz en Copland se Hoedown from Rodeo. Hierdie konsert is geskik vir almal en is veral toeganklik vir konsertgangers wat nog nooit 'n orkeskonsert beleef het nie. Ons beloof 'n vriendelike en gemaklike atmosfeer vir beide nuwe en ervare musiekliefhebbers om te geniet.
Die vertoning vind Saterdag 16 Maat plaas by die Odeion by die UFS-kampus om 19:00. Kaartjies is R100 elk, maar R50 vir kinders onder 18 jaar en pensioentrekkers.
Kaartjies is by die deur beskikbaar of op WhatsApp by 073 651 2611