Arts
Leerder van Bloemfontein se sketse bewaarheid sy Kersdroom─── 09:00 Tue, 19 Dec 2023

Wat 'n voorreg vir die OFM Kunsteklop om jong talent die geleentheid te bied om te praat oor hul passie vir skets. Yolanda Maartens gesels met Schalk van der Merwe (15) van Bloemfontein.
Schalk van der Merwe is 'n leerder aan Grey Kollege in Bloemfontein. Vandeesmaand wil hy graag visvang – dit is sy eerste liefde. Maar vanjaar moes hy self die geld bymekaarmaak om in die lang skoolvakansie vis te vang.
Schalk van der Merwe hou van visvang. Foto verskaf
Sy tekentalent kom van sy ma, die skilder, Marcia van der Merwe. Hy vertel watter tipe sketse hy graag teken en wat sy planne vir die toekoms behels.