Arts
Weird Wide Web – TikTok se nuwe gier vir goeie nagrus─── 15:14 Wed, 15 Nov 2023
‘Kriekvoete’ is die nuwe slaapneiging op sosiale media.
Die jongste gier op TikTok beloof jou glo ’n beter nagrus. Die beste van alles is dat meeste van ons dit reeds doen sonder om dit te besef.
Die sogenaamde 'kriekvoete' is reeds meer as 69 miljard keer op TikTok gekyk. Dit beteken jy vryf jou tone in die bed teen mekaar sodat jy makliker aan die slaap sal raak. Kriekvoete verwys na die manier hoe die insekte hul voete teen mekaar skuur.
TikTokkers is geskok dat hulle nie die enigste mense is wat dit doen voor slaaptyd nie. Een persoon sê: “Dis wat dit genoem word? Ek het dit nog altyd gedoen. Nooit besef dit is so algemeen nie.” Nog een het erken: “Ek kan nie anders as om dit in die nag te doen nie ek probeer myself keer maar ek kan dit nie help nie – dit irriteer my man so baie.”
Lees ook: OFM presenter wins regional Vodacom Journalist of the Year award
'n Ander gebruiker sê: "Ek doen dit my hele lewe en hou daarvan om my voete te wikkel. Ek het nie besef dit beteken iets nie.” Daar is eintlik ’n wetenskaplike rede hoekom mense dit so strelend vind.
Jou voete bevat baie senuwee- en drukpunte wat help om jou sentrale senuweestelsel te kalmeer wanneer dit gestimuleer word, sê dr. Eileen Li, 'n kenner op die gebied van akupunktuur. Sy sê voetmassering is ’n vorm van ontspanning en stresverligting.
“Dit kan ook help om jou bloedsirkulasie te verbeter en jou troos deur die vrystelling van goedvoelhormone.”
Daar is twee belangrike plekke op jou voete wat jy moet masseer. Die bokant van jou voet tussen jou eerste twee tone en die ander een is ’n plek onder die bal van jou voet tussen jou tweede en derde tone. Dalk die moeite werd om te probeer as jy aan slaaploosheid ly.