Arts
OFM Kunsteklop: Carel Henn & Elize Kruger in konsert by die Odeion─── 08:56 Tue, 25 Oct 2022
Bekende musikante Carel Henn & Elize Kruger gaan op 27 Oktober 2022 hande vat om 'n konsert soos geen ander na die Rosestad te bring. Die duo se uitvoering sluit 'n kombinasie van tjello en klavier in, met spesiale en unieke sjarme.

Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels met Carel Henn oor wat teatergangers kan verwag en meer. Carel en Elize bring drie sonates wat nie gereeld uitgevoer word nie, maar wat van die mees opwindendeste musiek insluit wat deur die kombinasie van hierdie twee instrumente vervaardig kan word. Die uitvoering is gratis.
Die duo tree sedert 1998 saam op. Carel Henn is een van Gauteng se mees gesogte tjelliste en verskyn gereeld as solis, kamermusikant, opnamekunstenaar, beoordelaar en orkeslid. Sy orkeservaring strek oor 25 jaar. Elize Kruger het aan die Potchefstroomse Universiteit onder Truida van der Walt gestudeer. Gedurende hierdie jare het sy verskeie pryse en beurse ontvang en die Universiteit by die Jim Joel Musiekkompetisie in 1993 en 1994 verteenwoordig.
Vir enige navrae kontak Ninette Pretorius by (0)51 401 2504 of stuur 'n e-pos na pretoriusn@ufs.ac.za