On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Arts

Boekhoek: 'Franz Marx: Uit die perd se bek' deur Chris Vorster

───   17:40 Mon, 24 Oct 2022

Boekhoek: 'Franz Marx: Uit die perd se bek' deur Chris Vorster | News Article

Franz Marx was ’n veelsydige mens - hy word nie verniet die sepiekoning in die kunstenaarswêreld genoem nie.

Hierdie “biografie” – uit die perspektief van 'n onwaarskynlike vertroueling – is 'n verwerking van gesprekke met Franz (persoonlik en professioneel) deur die bekroonde akteur, skrywer en regisseur Chris Vorster. 

LEES OOK: Karoohuis Teater skop hul eerste Spoorfees af!

Dis 'n vermaaklike ontdekkingsreis met 'n leeftyd se wyshede en “leuens”.

'Franz Marx: Uit die perd se bek' word beskryf as 'n biografie wat nie ’n biografie is nie. Daar is geen geraamtes uit kaste of skandes oor seks, dwelms en/of ruk-en-rol nie; geen verhoudingsintriges nie; vergeet ook van enige sensasionele openbarings. Niks waarin Kwêla of Pasella sou belangstel nie. 

Skinderstories was daar volop, en skinderbekke het altyd baie te sê gehad oor Franz Marx. 

Meer oor die skrywer:

Chris Vorster Chris Vorster – ook bekend as onder andere Ryno Lategan van 7de Laan-faam – is sedert 1995 'n skrywer en regisseur vir die verhoog en televisie. Hy het al ongeveer 55 verhoogproduksies geskryf, asook die regie van baie daarvan gedoen. Hy is tans 'n dosent in film en televisie aan die UV en het onlangs sy doktorsgraad in kreatiewe skryfkuns verwerf.


Bloemfonteiners word uitgenooi om op 3 November 2022 om 18:00 saam te kuier met Protea Boekwinkel wanneer Anthea van Jaarsveld met Chris Vorster gesels oor hierdie boek. Die gesprek vind plaas by die Protea Boekwinkel in Bloemgate-sentrum, Brandwag (besonderhede in die foto hieronder).

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.