Agri Hour
VL waarsku oor moontlike veldbrande─── ELSABÉ RICHARD 09:00 Wed, 19 May 2021
Natuurrampe gebeur onverwags en daarom is dit belangrik om voorsorgmaatreëls te tref.
Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, waarsku veral oor moontlike veldbrande.
Sien onderstaande PODCAST
Wilken waarsku dat daar nou baie gras in die veld is ná reënval.
OFM-nuus het vroeër berig dat Johan Breytenbach, van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging, sê brandvooruitsigte toon dat dit 'n relatiewe aktiewe brandseisoen gaan wees en boere word gemaan om nou al voorsorgmaatreëls te tref. Hy sê groot hoeveelhede plantmateriaal ná die reën kan tot veldbrande lei. Breytenbach sê maatreëls soos brandbane kan help dat wanneer 'n veldbrand op 'n eiendom sou ontstaan, dit nie versprei nie.
Wilken se waarskuwing volg nadat veldbrande in Oktober 2020 sowat 100 000 hektaar veld in die Hertzogville-, Boshof-, en Hoopstad-gebied in die Vrystaat deur wegholbrande verwoes het.
Boere in hierdie gebiede, wat verliese gelei het, het skenkings van voer en selfs beeste ontvang van weldoeners van regoor Suid-Afrika.
Intussen kan boere wat belangstel om by VL aan te sluit, die organisasie se webtuiste besoek vir meer besonderhede.
OFM-nuus