On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Droogte-impak raak steeds aanbod van wol op mark

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:56 Mon, 25 May 2020

 Droogte-impak raak steeds aanbod van wol op mark | News Article

Die wol wat ontvang is in makelaars se pakhuise op die mees onlangse nasionale wolveiling in Port Elizabeth was laer teenoor die ooreenstemmende tydperk van die vorige seisoen.


Heindrich Victor, bestuurder van veselbemarking en spesiale dienste by OVK, meen daar is verskeie faktore wat daartoe bydra. Die belangrikste daarvan is die droogtesituasie in sommige produksiegebiede in die land. Hy sê die nadraai van die droogte die vorige seisoen duur nog in sekere gebiede voort en word selfs as die ergste in menseheugenis beskou. Skeertye wat deur boere aangeskuif is weens die nasionale Covid-19-inperkingstydperk het ook 'n rol gespeel. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Victor gepraat...

Hy meen die droogte van die vorige seisoen, wat selfs al vir etlike jare voortduur, se impak is groot en dit kan tot selfs vyf seisoene neem om te herstel. Skaapkuddes is uitgedun weens die droogte en produsente het slegs kernkuddes oor, so dit gaan tyd neem vir volumes om weer toe te neem.

Victor meen boere het hulle skeertye op hul plase aangeskuif weens die inperkerkingsperiode en dit kan ook 'n bydraende faktor wees tot die afname in die aanbod van wol.

Hy gee egter sy versekering daar is nie 'n tekort aan skeerders nie en OVK  se skeerdienste is werksaam op volle sterkte. Daarmee is dit egter noodsaaklik dat daar aan die nodige protokolle ten opsigte van die inperkingsregulasies en die vlakke daarvan voldoen word. Victor sê OVK is vertroud met dié protokolle en wat dit behels. Skeerders, en boere moet almal ingelig wees en weet wat van hul elkeen verwag word. Skeerdienste van OVK is beskikbaar en is geensins 'n remskoen nie.  Produsente en OVK se werknemers se veiligheid word ook ernstig deur dié landboubesigheid opgeneem. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.