On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Nikki
Listen Live Streams

Agri Hour

Brahman-koei van Noordwes is tops in Europa, Asië en Afrika

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:23 Tue, 07 Jan 2020

Brahman-koei van Noordwes is tops in Europa, Asië en Afrika | News Article
FOTO: Verskaf

‘n Brahman-koei van die stoetery Jacobs Brahmane by Rustenburg in Noordwes, is as Europa, Asië en Afrika se voorste in die afdeling vir dié beesras aangewys.


Willie Jacobs, eienaar van WJ-boerdery, het verlede jaar ‘n kampioen-koei in die wêreldkampioenskap vir genetika en bemarking opgelewer. Hy sê beeste is deur die jaar uitgesoek vir dié kampioenskap. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jacobs gepraat…

Jacobs sê eerbewyse soos dié bring hoop, veral omdat die rooivleisbedryf verlede jaar onderwerp was aan talle uitdagings, waarvan die uitbreking van bek-en-klouseer ‘n groot probleem is. Sy toekomsvisie is om op ‘n volgehoue grondslag goeie gehalte diere aan die mark te verskaf.


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Willie Jacobs, eienaar van WJ-boerdery buite Rustenburg in Noordwes. Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus






Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.