National
Karlien van Jaarsveld, Derick Hougaard gaan skei─── 06:11 Tue, 25 Aug 2015
Johannesburg - Die bekende Suid-Afrikaanse sangeres, Karlien van Jaarsveld en haar man, Derick Hougaard, gaan skei.
“Vir ’n lang tyd het ek nie geweet hoe om hierdie met almal te deel nie,” het Van Jaarsveld Maandagmiddag in ’n verklaring gesê.
“Ek het nou al baie gedink oor hoe, waar en wanneer. Maar die een of ander tyd sal dit uitkom. So ek deel dit eerder self met julle,” het sy luidens die verklaring gesê.
Volgens Van Jaarsveld is dit vir hulle ’n moeilike tyd. Sy die hoop uitgespreek dat hulle privaatheid gerespekteer sal word. Sy het haar aanhangers bedank vir hul ondersteuning.
Die egpaar het hul derde baba vroeër vanjaar verloor toe Van Jaarsveld ’n miskraam gehad het.
Van Jaarsveld het sowat twee weke gelede die werklikheidskompetisie Strictly Come Dancing gewen.
Verklaring