On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Rondloper leeu uiteindelik gevang

───   07:57 Tue, 30 Jun 2015

Rondloper leeu uiteindelik gevang | News Article

Nelspruit - Die rondloper leeu in die Karoo is uiteindelik gevang.

Die driejarige leeumannetjie wat later Sylvester genoem is, het boere in die omgewing die afgelope drie weke op hol gehad terwyl hy kat-en-muis met spoorsnyers gespeel het.
 
Hy het blykbaar deur die heining van die Karoo Nasionale Park ontsnap.
 
Volgens SANParke se Reynold Thakuli het Sylvester 'n bloedspoor van 26 skape en 'n koedoe agtergelaat.
 
Die leeu is gistermiddag opgemerk waar hy op 'n rots in die Nuweveldberge op Palmietfontein in die son gelê het. Hy is volgens die berig vanuit 'n helikopter met 'n doofpyl geskiet en na die park teruggeneem.
 
AlgoaFM

Podcasts

Reynold Thakuli :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.