On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

National

SA aktrise in Botswana aangerand

───   16:29 Sat, 30 Nov 2013

SA aktrise in Botswana aangerand | News Article
Gaberone - 'n Suid-Afrikaanse aktrise is glo in Botswana aangerand, het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking Saterdag gesê.

Clayson Monyela, woordvoerder van die departement, sê beamptes van Suid-Afrika se ambassade in Gaborone lewer bystand aan die aktrise Rosie Motene, wat die rol van 'n joernalis vertolk in die sepie Generations.
 
Monyela sê hy het bewus geword van die beweerde aanranding nadat Motene Saterdagoggend op haar Twitter-blad om hulp gevra het.
 
Sy het getwiet: “Ek benodig hulp van SA, ek is aangerand in Botswana en tans in Bokamo-hospitaal, die polisie wil nie kom nie en ek kort hulp! Geen grap.”
 
Monyela sê beamptes van die ambassade het met dokters in Botswana ontmoet en hulle meen sy is sterk genoeg om terug te reis na Suid-Afrika.
 
“'n Familielid sal haar op die lughawe ontmoet en sy sal mediese bystand in Suid-Afrika kry.”
 
Dit is in die stadium onduidelik wat gebeur het en hoekom Motene in Botswana was.
 
Sapa 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.