On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Openbare geweld naby Petrus Steyn onder beheer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:55 Wed, 20 May 2015

Openbare geweld naby Petrus Steyn onder beheer | News Article

Petrus Steyn - Die polisie in die Vrystaat sê openbare geweld wat Maandag by Mamafubedu by Petrus Steyn uitgebreek het, is vir nou onder beheer, maar die situasie word gemonitor.

Dit kom nadat altesaam 13 mense sedertdien in hegtenis geneem is in verband met openbare geweld en ontwettige samekoms. Een winkel wat aan ‘n buitelander behoort is aan die brand gesteek en geplunder. Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê die openbare geweld het uitgebreek na ‘n gemeenskapsvergadering Maandagmiddag by Motse-motjha in Mamafubedu. Hy sê lede van die gemeenskap is na ‘n winkel van ‘n Suid-Afrikaanse vrou en haar buitelandse man, waarna ‘n woordewisseling tussen die vrou en die groep ontstaan het. ‘n Man het haar glo geklap en sy het hom glo met ‘n voorwerp geslaan. Klagtes van aanranding word ondersoek. Mophiring sê een verdagte is gister in hegtenis geneem vir brandstigting, terwyl die polisie nog na een man soek. Altesaam 35 winkels wat aan buitelanders behoort is geplunder. Die 13 verdagtes sal na verwagting vandag in die Petrus Steyn landdroshof verskyn. Christal-Lize Muller/OFM Nuus

Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.